Kaap de Goede Hoop

Die Afdeling Kaap de Goede Hoop is op 22 September 1992 gestig en tel nou 15 lede. Ons kom maandeliks byeen, gewoonlik op die eerste Saterdag van die maand, by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV, voorheen bekend as die Huis der Nederlanden).

Ons lede bestaan uit Nederlanders, Vlaminge en Suid-Afrikaners (ook Nederlands/Vlaams-gebore Suid-Afrikaners) wat ’n belangstelling in ons taal en kultuur deel. Hier in Suid-Afrika het ons ’n besondere band met die Nederlande, want ons taal het uit die Nederlandse stam ontwikkel. Die invloed van plaaslike tale, tale uit die ooste wat in die 17de en 18de eeu saam met slawe en VOC-bannelinge ingevoer is en van ander Europese tale, soos Duits en Portugees, het veranderings in die morfologie, grammatika en spelling van Afrikaans teweeg gebring. Die grootse deel van ons woordeskat is egter van Nederlandse oorsprong en u sal waarskynlik hierdie artikel redelik maklik volg.  So gaan dit ook by ons “veeltalige”-vergaderings: Elke lid gebruik sy moedertaal, maar in die gees van ‘amicitia’ en ‘tolerantia’, praat ons stadig sodat ons mekaar goed kan verstaan!

Van tyd tot tyd bied ons gesamentlike byeenkomste aan voor gaste en lede van organisasies waarmee ons sterk bande het.

Kaap de Goede Hoop is een afdeling van Buitenland

Bijeenkomst:
Meestal tweede zaterdag van de maand om 10.30 vm.
Bijeenkomsttelefoon:
(0)21 531 5831
Adres:
S.A. Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV)
Sentraalplein 4
Pinelands 7405
E-mail:
NT&C project:
Stichtingsdag: 22-09-1992
Aantal leden: 27

Agenda: 

Activiteiten enkel zichtbaar voor leden.

Terugblik: 

Activiteiten enkel zichtbaar voor leden.

Nieuws: 

Nieuws enkel zichtbaar voor leden.